Van skaapkop tot Wagner vir Kirby

NIE DIE PROUST-VRAELYS NIE

Van skaapkop tot Wagner vir Kirby

HEINDRICH WYNGAARD wonder wat skep, skink en dink ... Kirby van der Merwe.

“SKAAPKOP,” lees die vrou se inskrywing verlede Sondag op Facebook. ’n Foto wys hoe haar vriend sy eetgerei met ’n servet afvee. Glimlaggend. Hy sit aan vir ’n smaaklike tradisionele dis, geen gunsteling van sy vriendin nie: “Ek sit maar ver van hom by hierdie ete,” skryf sy. Die plek is Die Sinkhuismark in Cullinan. Die man is Kirby van der Merwe, oudonderwyser, oudjoernalis, skrywer en kunstenaar, wie se manuskrip Eugene X pas as die derdepryswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd aangewys is.

Wat is vir jou die lekkerste maaltyd?

Ek het as kind nooit gaskoeldrank tuis gekry nie en ’n sluk Coke uit ’n glasbotteltjie uit die ysige water van ’n ou, plat yskas wat jy net daar oopgeknak het, is steeds onverdunde genot. Selfs al was die koeldrank so koud dat jy breinvries kry en jou oogballe vries. En ’n winkel-vleispastei of ’n pakkie Simba-tjips en winkel-witbrood daarby is lekker...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X