EEN van Suid-Afrika se asemrowendste paaie loop tussen Hogsback en Keiskammahoek. As jy van Hogsback se kant af ry, is dit ’n grondpad wat al met die Amatolaberge se kontoere langs kruip, deur inheemse woude en denneplantasies koes, dan met die Wolfrivier se vallei langs, verby eeuoue nedersettings en die Sandile-dam, tot jy uiteindelik in die dorpie Keiskammahoek aankom.
Hogsback is aan die Suid-Afrikaanse en internasionale toerismebedryf bekend. Daar is ’n aantal hotelle en gastehuise, ’n jaarlike tuinbouskou waartydens privaat tuine aan asalea-entoesiaste oopgestel word, paaie vir bergfietse en skouspelagtige vistas van Oos-Kaapse landskappe wat die dorp omring.
Keiskammahoek is minder bekend, meer afgeleë. Die vervalle dorpie word deur berge omring, dis mistig, die plantegroei is welig en selfs in die winter meestal groen. Soos baie plekke in die Oos-Kaap, het Keiskammahoek ook ’n ander naam, in hierdie geval Qoboqobo – ’n lekker manier om die Xhosatalige tongklap net agter die voortandverhemelte te oefen...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.