Hier’s nou ’n geleentheid vir verandering

VERKIESINGS

Hier’s nou ’n geleentheid vir verandering

Voorstelle op die tafel vir verkiesingshervorming is ’n ideale geleentheid om van proporsionele verteenwoordiging ontslae te raak, skryf CAROL PATON.

WAT 'n los gelukkie dat daar voorstelle vir ernstige verkiesingshervorming op die tafel is. As daar een ding is wat slegter vir ons demokrasie as enigiets anders is, is dit die stelsel van proporsionele verteenwoordiging, wat die verantwoordbaarheid van parlementslede aan diegene wat hulle verkies het ondermyn, en terselfdertyd die gewilligheid en vermoë van LP's om die seniors in hulle party aanspreeklik te hou ondergrawe. 

Die Konstitusionele Hof het meer as 'n jaar gelede beslis dat onafhanklike kandidate toegelaat moet word om in 'n verkiesing te staan, en dit het gelei tot 'n proses wat werklike verkiesingshervorming kan meebring. Die beslissing is gegrond op die vereiste in die Grondwet dat alle burgers toegelaat moet word om hulle verkiesbaar te stel, en die partylyste maak nie daarvoor voorsiening nie. Om die hofuitspraak na te kom het die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, vroeër vanjaar 'n ministeriële advieskomitee saamgestel om aanbevelings oor die verdere proses te doen. 

Die ANC was tot dusver gekant teen verkiesingshervorming – proporsionele verteenwoordiging werk goed vir die party se base, wat dit gebruik om interne magsdinamika te beheer en manipuleer. Dit was dus 'n effense verrassing toe Motsoaledi die komitee vra om nie net die wet in ooreenstemming met die uitspraak te bring nie, maar ook die “ontwikkeling van 'n nuwe verkiesingstelsel vir die volgende fase van Suid-Afrika se demokrasie te fasiliteer"...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.