Blues vir die wit man: Hoe om werklik swart stemme te hóór

MUSIKALE SKAKEL

Blues vir die wit man: Hoe om werklik swart stemme te hóór

ANDRIES BEZUIDENHOUT het eers 'n resensie geskryf en toe 'n onderhoud met Fred de Vries gevoer oor sy boek Blues for the White Man: Hearing black voices in South Africa and the Deep South. Hy het gevind die boek gaan oor veel meer as net musiek: Bowenal is dit ’n insiggewende en soms verrassende opgawe van hoe Suid-Afrikaanse proteskultuur met Amerikaanse gebeure verstrengel is en daardeur beïnvloed word.

POPULÊRE musiek gaan meestal oor liefde en lustigheid, maar dit gaan soms ook oor woede en pyn. Dit is dus nie iets wat nét met ontspanning en vermaak te doen het nie, maar oor veel meer gaan. Dit gaan ook oor dinge soos herkoms en identiteit en daarmee saam soms protes.

’n Goeie studie van populêre musiek is met ander woorde ook ’n geleentheid om vrae te vra oor veel meer as slegs musiek. Ek dink Fred de Vries se nuwe boek Blues for the White Man: Hearing black voices in South Africa and the Deep South is so ’n boek. Dit stel in albei hierdie kante van populêre musiek belang – aan die een kant liefde, speelsheid en spulsheid, maar aan die ander kant ook die deel wat oor woede, pyn en protes handel.

Mense wat in die geskiedenis van rock en blues belangstel, sal die boek interessant vind. Ek dink egter mense wat doodeenvoudig meer wil weet van wat aan die gang is met bewegings soos Black Lives Matter en Rhodes Must Fall, asook die nadraai van die bewegings, sal nie teleurgesteld wees nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.