Waar’s jou happy ending nou?

LITERÊRE SEWE SAKKE SOUT

Waar’s jou happy ending nou?

Wat word van die gelukkige eindes wanneer ons 'n boek toeklap, wonder DEBORAH STEINMAIR. Sou die durende liefdes in letterkunde algaande verinneweer word deur roetine, sou dit skif tot haat, lei tot halsmoord?

EK lees verlede week een van my gunstelingskrywers hier, Madeleine Barnard, se stuk (https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-08-12-n-ouer-wyser-terugblik-op-die-romkoms-van-my-jeug/) waarin sy wonder of die geliefdes in haar gunstelingromkoms sewe sakke sout saam sou kon opvreet. Nou kom ek agterop haar bakkie die dorp ingeratel. Ek staan sommer regop met die warm wind in my hare en my wange vibreer soos dié van ’n worshond in die slipstream.

Want sy het my laat wonder wat word van die gelukkige eindes wanneer ons die boek toeklap? Sou die durende liefdes in letterkunde algaande verinneweer word deur roetine, sou dit skif tot haat, lei tot halsmoord?

Oor die heel grootste liefdes hoef ons nie te wonder nie, die gedoemdes wat nie in die sterre nie, maar die wind geskryf was. Daardie geliefdes is aan die einde van die boek morsdood, soos Romeo en Juliet, Cathy en Heathcliff. Die poorte van die doderyk is nie sterk genoeg om hulle te stuit nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.