Staatsonderwys moet dringend van die afgrond weggekeer word
PRIVAAT SEKTOR HET REEDS 'N TEGNOLOGIESE OPLOSSING

Die staat se onderwysstelsel was reeds voor die Covid-19-pandemie niks om oor te kraai nie, maar die ekonomiese agteruitgang, verlore leer-ure en groter ongelykheid het dit nou in ’n selfs hagliker toestand gelaat. Die stelsel moet radikaal herdink word, en verskaffers van privaat onderrig het dalk van die antwoorde, skryf BRUCE WHITFIELD.
LANK voordat Covid-19 toegeslaan het, was Suid-Afrika se goed gefinansierde onderwysstelsel reeds in die moeilikheid. Die land bestee meer as die meeste lande as ’n persentasie van BBP (sowat 6%) om jong mense in die klaskamer te kry. Maar daar word leerders dan deel van ’n stelsel wat volgens internasionale standaarde swak en ondoeltreffend is.
Opvoedkundiges waarsku ’n reeds droewige situasie het versleg, en dat die skade wat deur die groot verlies aan onderrigtyd meegebring is, rampspoedige gevolge op lang termyn gaan hê tensy daar 'n radikale ingryping is – vir leerders én die hele ekonomie.
“Covid-19 het gróót ontwrigting veroorsaak, en vroeë projeksies toon dat dit 10 jaar sal kos om weer die vlak van uitkomstes in onderwys van voor die pandemie te bereik,” sê Nic Spaull, medeprofessor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch. “Volgens getuienis gaan kinders waarskynlik ’n hele studiejaar agter hul pre-pandemiese eweknieë wees. Die gemiddelde 10-jarige in Junie 2021 weet dieselfde as die gemiddelde negejarige in Junie 2019. Dis moeilik om die omvang van leerverlies in Suid-Afrika te oorbeklemtoon.”..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Bruce Whitfield
SakejoernalisBruce Whitfield is 'n sakejoernalis, skrywer, uitsaaier en openbare spreker oor die politieke ekonomie.