Hoër rentekoerse: vroeër en geleidelik, of later en aggressief?

GELD WORD DUURDER

Hoër rentekoerse: vroeër en geleidelik, of later en aggressief?

Die wêreld het die eerste treë begin gee weg van die buitengewoon lae rentekoerse van die laaste jare. Ons moet mooi dink oor wat dit vir onder meer staatsbesteding in Suid-Afrika kan beteken, skryf HUGO PIENAAR.

DIE eerste treë weg van die ongekende wêreldwye akkommoderende rentekoersbeleid van die laaste jare is gegee. Verskeie sentrale banke, veral in ontluikende lande, het reeds begin met 'n proses om hul onderskeie beleidsrentekoerse van uiters lae vlakke te verhoog. Ontleders verwys hierna as 'n proses om rentekoerse geleidelik te normaliseer tot by die vlakke wat voor Covid gegeld het. Uit onlangse kommentaar van die Reserwebank (SARB) blyk dit dat Suid-Afrika dalk selfs voor die einde van die jaar ook dié paadjie gaan begin stap.

Ondanks die begin van 'n stygfase gaan beleidsrentekoerse waarskynlik nog vir 'n geruime tyd laer as in die periode voor Covid bly. Tog moet plaaslike verbruikers en die regering in hul bestedingsbesluite oor komende maande daarvan bewus wees dat krediet nou gaan begin duurder word. Raadgewers moet dit ook nie uit die oog verloor in hul advies aan beleidmakers nie.

Sentrale banke van oor die wêreld heen, insluitend die SARB, het verlede jaar vinnig en aggressief gereageer om die rimpeleffek vir die ekonomie en finansiële markte van die Covid-skok te probeer versag. Dit het ingesluit om beleidsrentekoerse tot op die been te sny. In die meeste ontwikkelde lande, en in 'n veel mindere mate ook in sommige ontluikende lande, het sentrale banke verder gegaan deur ook 'n reeks monetêre maatreëls buite die standaarde te gebruik. Dié maatreëls is meer as 'n dekade vroeër aangewend om die wêreldwye finansiële stelsel staande te laat bly gedurende die krisis van 2007-'08...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.