TOT vandag toe is niemand mooi seker hoe ’n Stanford-dropout dit reggekry het om reguleringsowerhede, gesoute waagkapitaliste en politici van albei die groot Amerikaanse partye op so 'n groot skaal om die bos te lei nie. Of hoe sy almal oortuig het dat haar maatskappy, Theranos, ’n bloedtoets ontwikkel het wat met ’n enkele vingerprik ’n hele rits moontlike kwale kon diagnoseer nie.
Teen die tyd dat ’n jurie Holmes verlede week op vier aanklagte van bedrog skuldig bevind het, was daar van Theranos net mooi niks oor nie. Die gesaghebbende saketydskrif Forbes, wat Holmes se persoonlike fortuin op die kruin van haar sukses in 2014 op sowat $4.5 biljoen geraam het, het dit in 2016 herbereken en by ’n volle nul uitgekom. Op die ouderdom van 32 was sy die wêreld se jongste selfgemaakte vroulike biljoenêr; nou het sy nie ’n sent op haar naam nie. Boonop wag tot 80 jaar in die tronk op haar as sy die maksimum straf vir elkeen van die skuldigbevindings sou kry en dit opeenvolgend moet uitdien. Sy sien luidens berigte nie eens kans vir die waarskynliker effektiewe tronkstraf van tussen vyf en 10 jaar nie. (Vonnisoplegging is geskeduleer vir 12 September.)
Holmes het in Washington DC grootgeword (https://www.tatler.com/article/who-is-elizabeth-holmes-the-woman-at-the-centre-of-the-theranos-scandal) as deel van ’n gesin met ou en baie geld. Haar groot-oupagrootjie was Charles Louis Fleischmann, die Hongaars-Amerikaanse stigter van die bekende Amerikaanse suurdeegvervaardiger Fleischmann’s Yeast (https://www.fleischmannsyeast.com/), ’n familie-onderneming met 'n fassinerende geskiedenis (https://www.chowhound.com/food-news/269862/fleischmanns-yeast-history/) wat onder meer lank voor McDonald’s die VSA se eerste eetplek-kettinggroep begin het. Charles se seun Julius, wat in die Prohibisie-jare met die smokkel van whisky sy eie fortuin gemaak het, was glo een van verskeie moontlike inspirasies vir die titelkarakter in F. Scott Fitzgerald se The Great Gatsby. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.