Lady Ghislaine is in stormagtige waters, maar haar skip het...

STAAT VERSUS MAXWELL

Lady Ghislaine is in stormagtige waters, maar haar skip het nog lank nie gesink nie

Die verhoor van Ghislaine Maxwell is nog ’n hoofstuk in ’n intrige wat oor dekades strek en almal van Mossad en Twitter tot by internasionale sekshandelaars, twee voormalige Amerikaanse presidente en die Britse koningshuis betrek. Maar moenie dink hierdie hoofstuk is die laaste nie, skryf WILLEM KEMPEN.

GHISLAINE MAXWELL, die dogter van eens een van die wêreld se rykste mense, staan in ’n federale hof in New York tereg op verskeie aanklagte wat verband hou met haar jare lange vennootskap met die veroordeelde pedofiel Jeffrey Epstein.

Die amptelike weergawe is dat Epstein homself in 2019 met ’n geskeurde laken verwurg het terwyl hy in ’n tronksel in Manhattan verhoorafwagtend was, maar min mense glo dit is wat werklik gebeur het. Volgens hierdie peiling (https://news.yahoo.com/poll-suggests-45-americans-believe-124516012.html) glo net 16% van Amerikaners Epstein het homself om die lewe gebring, terwyl 45% meen hy is vermoor, en 39% onseker is. Lees gerus ook hierdie ondersoek (https://www.cbsnews.com/news/did-jeffrey-epstein-kill-himself-60-minutes-investigates-2020-01-05/)deur CBS News.

Wat ook al regtig gebeur het, Epstein se dood het ’n finale einde gemaak aan jare se skynbaar halfhartige pogings om hom te vervolg. Maar die vrae het nie weggegaan nie: Het Epstein in werklikheid sy fortuin gemaak nie as “finansier” nie, maar deur seks met minderjarige meisies vir ryk en magtige mans te reël wat dan ook help sorg het dat die gereg nie aan hom kon raak nie?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.