Duitse tjek soos bok op ’n klipaltaar in Windhoek?

NAMIBIESE VOLKSMOORD, DUITSE SKULD

Duitse tjek soos bok op ’n klipaltaar in Windhoek?

Is Duitsland se erkenning van sy aandeel aan menseslagting in en sy skenking van biljoene aan Namibië ’n moderne weergawe van ’n rituele offer om te keer dat die eertydse ‘empire’ gewelddadig sal terugslaan en om die Duitsers witter as sneeu te was, wonder CAS WEPENER. Hy bekyk ’n paar offerteorieë.

DIE menseslagting in Namibië waartydens duisende Namas en Herero’s tussen 1904 en 1908 doodgemaak is, haal tans weer die nuus.

Duitsland het ná meer as ’n eeu om verskoning gevra en $1.3 biljoen aan Namibië geskenk. Die geld is geoormerk vir volhoubare ontwikkeling oor die volgende 30 jaar. Volgens die media het die Duitsers dit baie spesifiek en omsigtig as sodanig bewoord, naamlik dat die geld vir volhoubare ontwikkeling is.

Die debatte oor Duitsland se erkenning van ’n volksmoord op die Herero- en Nama-mense en die skenking woed steeds. Enkele dae gelede nog is berig oor betogers buite die parlement in Windhoek waar die debat oor die aanbod gevoer word...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.