Karel Schoeman se boeke leef nou in verf voort

BOEIENDE BEELDE

Karel Schoeman se boeke leef nou in verf voort

’n Uitstalling getiteld Karelsfontein – ’n skilder se ode aan Karel Schoeman deur die kunstenaar Philip Willem Badenhorst het verlede week in die Breytenbach-sentrum op Wellington geopen. CAS WEPENER gee sy indrukke.

“’n Lae land, ’n wye land van klip en bossies en doodgerypte gras, van leë skeure waarlangs die water in die reëntyd afkom; skaapwêreld, waar die plaasgeboue onbewoon staan en geen skape meer loop nie. Klipbanke, klipkoppies, wisselend van kleur en gedaante onder die helder lig van die winterdag en die trae bewegings van die wolke voor die son. [...] Daar is geen padwysers meer om die besoeker deur die leegheid te lei nie, die naambordjies verwyder en die hekke gesluit, die slotte verroes; die huis staan verlate met houtwerk wat kraak en bars, en ruite gebreek.”

DIE naam “Karel” in kombinasie met “fontein” is ’n frase wat onder andere beelde van landskappe – spesifieke landskappe – oproep. Dit is dan ook wat sommige mense in Karelsfontein, die skilder Philip Willem Badenhorst se ode aan Karel Schoeman, sal verwag: landskappe op doek geïnspireer deur dié skrywer se romans. Landskappe van die Suid-Vrystaat, die Oos-Kaap-Karoo, die Roggeveld – die wêreld van bossies en klippe en natuurlik, van fonteine.

Dit ís presies wat jy in Karelsfontein sal vind. Landskappe, maar nie Karoo-landskappe nie, wel innerlike landskappe. Die landskap van die binnewêrelde van dié wat daardie landskappe bewoon of besoek het. En, baie belangrik, die binnewêrelde van iemand wat Schoeman gelees en beleef het. Innerlike landskappe dus, gebore uit meditasie op die kanon van Karel...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.