’n Kreatiewe speurtog in Kerstyd

VERLORE RELIKWIEË GESOEK

’n Kreatiewe speurtog in Kerstyd

Heilige diefstal vind al eeue lank plaas – wanneer besoekers kosbare oorblyfsels uit ’n tempel, katedraal of amfiteater gaps. CAS WEPENER en TANYA VAN WYK het die spoor van twee Christelike relikwieë gevat.

  • 18 Desember 2020
  • Mense & Kultuur
  • 12 min om te lees
  • artikel 16 van 27
  • Cas Wepener en Tanya van Wyk

’N BONTE verskeidenheid relikwieë word in verskeie godsdienste, soos Hindoeïsme, Boeddhisme en die Christendom, as kosbaar gekoester. Hulle waarde beteken egter dat hulle soms wegraak, want mense wil nie noodwendig relikwieë met ander deel nie. Soos daardie toeriste wat op besoek aan Egipte of Italië iewers in ’n tempel of amfiteater iets gaps, is oorblyfsels van heilige mense en plekke ook deur die eeue “gegaps”.

In hierdie artikel sny ons die spoor van twee Christelike relikwieë. Vir die speurtog benodig ons ’n mikroskoop, ’n teleskoop en ’n gesonde skeut kreatiwiteit. Om die huidige ligging van ’n spesifieke relikwie te bepaal is geen geringe taak nie, want die kosbaarste en vreemdste relikwieë is al meestal deur iemand vasgelê. Om dus aan die einde van jou speurtog te kan bevestig dat die een wat jy gevind het inderdaad outentiek is, vra nie net vir ’n kritiese ingesteldheid en noukeurige verifikasie van historiese bronne nie, maar, en soms selfs belangriker, ook ’n bietjie verbeelding.

So byvoorbeeld is die kop van die evangelis Markus in ’n kerk in Alexandrië waar dit as relikwie bewaar word. Die res van sy lyf is in Venesië in San Marco. Die kop en lyf wat nie bymekaar is nie, is die resultaat van pia furta, oftewel “heilige diefstal” waartydens kerke en lande mekaar se relikwieë gedurende die Middeleeue geroof het. Dis ’n voorbeeld van daardie heilige gegaps...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.