Kunsvlieghengel is lankal nie meer net die antieke Grieke se sport nie

’N NUWE LEEFSTYL

Kunsvlieghengel is lankal nie meer net die antieke Grieke se sport nie

Kunsvlieghengel is nie meer oud, wit en konserwatief nie. Dis uitstekende fisieke oefening en baie meer, skryf JAZZ KUSCHKE.

  • 18 Desember 2020
  • Mense & Kultuur
  • 6 min om te lees
  • artikel 15 van 27
  • Jazz Kuschke

DIE bloedrooi son begin agter die bosveld van noordelike KwaZulu-Natal wegsak. ’n Groep renosters staan en kyk van agter die kuslyn af.

Vir ’n oomblik word jou aandag deur Afrika se skoonheid afgelei, maar ’n plukkie aan die vislyn – amper soos ’n elektriese skok wat tot tussen jou skouerblaaie opblits – bring jou fokus terug. Die adrenalien pomp terwyl die lyn uit jou hand gly en die akwatiese kolos sierlik deur die lug duik om die vlieg uit sy knoetserige kake te probeer gooi. Jou hengelstok buig diep. Dít is kunsvlieghengel vir tiervisse.

Jy werk nou al die hele dag hiervoor, en het keer op keer jou lyn van die boot se boeg af uitgegooi – in die hoop om daardie trofee-tier te vang. Sewe kleiner visse het in die loop van die dag hul opwagting gemaak en gesorg dat jy nie belangstelling verloor nie. Maar dít is die een. Dit is die triomfantelike greep-met-’n-glimlag-foto wat wag op jou Instagramvoer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.