Die politieke wêreld van Cyril Ramaphosa in 2022

WIE KAN HOM KLOP?

Die politieke wêreld van Cyril Ramaphosa in 2022

Die afgelope jaar word deur pres. Cyril Ramaphosa as ‘uitdagend’ en ‘katastrofies’ bestempel. HEINDRICH WYNGAARD wonder wie is die ‘aasvoël’ wat Ramaphosa se 2022 sal bepaal.

IN The Economist se jaarlikse “The World Ahead”- spesiale uitgawe vir 2022 is pres. Cyril Ramaphosa die enigste staatshoof wie se naam op die voorblad verskyn. Foto’s van die Amerikaanse president, Joe Biden, en sy Chinese eweknie, Xi Jinping, maak wel deel uit van die voorblad-illustrasie wat ’n kombinasie is van beelde van hernubare energie, ruimtetegnologie, wetenskaplike laboratoriums – en spuitnaalde.

Blaai jy om na die inhoudsopgawe, dan vind jy verwysings na artikels oor Biden (“A tough year for Biden”), Xi (“Crowning of Emperor Xi”) en, naas Xi, ook artikels oor Ramaphosa se ander Brics-broers: Jair Bolsonaro van Brasilië (“Crunch time in Brazil”), Vladimir Putin van Rusland (“Putin’s war on the internet”) en Narendra Modi van Indië (“Indian democracy struggles” én ’n artikel oor Modi as kultusfiguur).

Die verskyning in die tydskrif van Ramaphosa, wat in ’n sekere sin die aanhang van ’n kultusfiguur geniet het toe hy in Desember 2017 die ANC-presidentskap en in Februarie 2018 die land se leisels by Jacob Zuma oorgeneem het, het nie met sy eie prestasies in 2021 of sy politieke vooruitsigte vir volgende jaar te make nie. Dit is ’n meningsartikel wat hy geskryf het oor gelykberegtigdheid met die hantering van die Covid-pandemie: “The world must end vaccine apartheid,” lui die opskrif...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.