Om ’n rebel soos Hunter Kennedy in jou st. 5-klas te hê

TE LAAT

Om ’n rebel soos Hunter Kennedy in jou st. 5-klas te hê

In ’n klas vol rugbyspelende Afrikaanse seuns was daar een wat nie van sport gehou het nie, ‘gevaarlike’ swart T-hemde gedra het en die beste opstelle geskryf het. JANA-MARIÉ HAY skryf oor toe Hunter Kennedy, een van ons mees invloedryke liedjieskrywers en rocksterre, ’n kwaai tiener met empatie was.

IN 1995 was ek in standerd 5 in Gelofte-skool in Pinetown net buite Durban. Dit was 'n klein Afrikaanse skool in 'n Engelse omgewing en dus ’n baie beskermde, geïsoleerde gemeenskap. Ek het ’n kêrel gehad, soveel as wat mens ’n kêrel kon hê in standerd 5. Gerhard het vir my sy stokkielekkers uit sy kosblik gegee en een keer met my vasgedans by Ross Meintjies se garagepartytjie. Hy was ’n mooi seun, die vinnigste in die 100m en die losskakel in die eerste rugbyspan. En snaaks. Alles wat ’n standerd 5-meisie moontlik wil hê. 

Op ons laaste dag in die laerskool wanneer almal op mekaar se uniforms teken, het ’n klasmaat, Hunter Kennedy, op my rok geskryf: Gerhard Bester doesn’t really love you. Hy het dit op my rug geskryf sodat ek dit eers gelees het toe ek die middag by die huis kom en my skoolklere uittrek. 

Ons meisies was soos samesweringsteoretici – ons het voornemens in elke detail van die seuns gesoek, desperaat om genoeg saak te maak om die onderwerp van beplanning en bespiegeling te wees. Maar hulle was net tienerseuns. Ek het te veel tyd bestee om my gereed te maak vir hulle toewyding, artikels gelees wat my geleer het dat die lewe net ’n wagkamer was totdat seuns notisie neem van jou. Die seuns het dié tyd gebruik om hulself te word...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X