’n Backstage is ’n blessing. Veral tydens ’n pandemie.

REËLS DAAR OPGEHEF

’n Backstage is ’n blessing. Veral tydens ’n pandemie.

Die backstage van die lewe is die een plek waar ek my masker mag afhaal, want dit is daar waar jy weet geen lid van die gehoor sal binnedring nie, skryf CAS WEPENER. En om ’n backstage te hê waar jy jou hare kan losmaak, jou pantoffels kan aantrek en jou maskers aan die kapstok ophang, is krities vir almal se gesondheid.

IN my eerste jaar op universiteit het ek drama geswot. Manstudente was ver in die minderheid in die dramaklas, so ons moes in al die toneelstukke speel. In The Tempest het ek drie mindere rolle vertolk en was tydens elke repetisie en opvoering kort-kort backstage vir ’n nuwe uitrusting, grimering en ander rekwisiete. Jou enigste verposing tydens ’n opvoering was daardie paar minute backstage. Die beste plek backstage was natuurlik die Green Room. In daardie jare was dit nog ’n ruimte wat blou gerook was en die een plek in die hele teaterkompleks waar The Tempest nie gewoed het nie. Binne die groter backstage was die green room (on)heilige grond – alle reëls is daar opgehef.

Die sosioloog Erving Goffman beskryf “backstage” of agterverhoog as ’n plek wat in verband staan met ’n spesifieke opvoering en waar daardie opvoering bewustelik weerspreek word. Dit beteken Shakespeare se bekende woorde in As you like it – “All the world’s a stage and all the men and women merely players” behoort tog so ’n raps gekwalifiseer te word. ’n Klein deeltjie van die lewe kry die mens as toneelspeler in die drama van die lewe tog die kans om jou maskers af te haal, omdat daar geen gehoor is wie se oë op jou gevestig is nie. Dit is in jou backstage.

Goffman kyk deur die lens van drama en die dramaturgiese na ons wêreld. Wat hom interessant maak, is dat hy na die alledaagse interaksies van mense kyk. Hoe ons in restaurante eet, klasgee, vergaderings hou – sy belangstelling strek vanaf begrafnisondernemers tot groot maatskappye en die interaksies wat as klein opvoerings daagliks daar ontvou. Die grootste deel van die wêreld is volgens hom ’n verhoog waarop ons verskeie rolle vertolk. Ek haal die een masker af en sit die ander een op wanneer ek byvoorbeeld vanaf die vergaderlokaal in die doseerlokaal inloop. Hoekom doen ek dit? Omdat die vergadersaal en die doseerlokaal twee verskillende verhoë is. Die verwagting is dat ek ook verskillende rolle in elkeen moet vertolk en ek myself, wie ek is, op verskillende wyses in die twee ruimtes moet opvoer. Daar is natuurlik baie meer as die twee ruimtes en rolle in my daaglikse bestaan: Daar is ook kantoor, kafeteria, sypaadjie, gimnasium, biblioteek en natuurlik ’n hele boel sosialemediaplatforms, om enkeles te noem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.