Die ewige slaap in fotografie verewig

POST MORTEM

Die ewige slaap in fotografie verewig

Moderne sensibiliteite vind post mortem-fotografie ietwat vreemd, selfs afstootlik. Maar waarom was dit so gewild in die Victoriaanse tyd en daarna? (Of is die interessanter vraag eerder waarom ons dit so vreemd vind?) CAS WEPENER werp lig op die saak.

OP die foto van oupa- en oumagrootjie op hulle troudag lyk die twee vreemd, iewers tussen uitdrukkingloos en bekommerd. Afgesien van die feit dat hulle dit wat op hulle wag dalk gevrees of bepeins het, het daardie gesigsuitdrukkings saamgehang met die stadige sluiterspoed van die ou kameras. Die twee moes vir ’n lang tyd hulle asem inhou, absoluut bewegingloos sit of staan, terwyl die sluiter sy tyd geneem het om die lig wat hulle weerkaats op ligsensitiewe silwer halogeen vas te vang en die nuwe egpaar só op hulle mooi dag te verewig. In ekstreme gevalle is diegene wat gefotografeer is in klampe vasgedraai om te verseker dat hulle nie beweeg nie.

Om kinders te fotografeer was in die eerste dekades van fotografie dus ’n nagmerrie. Die skrywer en fotojoernalis Bella Bathurst wys in hierdie verband op die vreemde verskynsel van “hidden mothers”. Jy sien die baba of kleuter, maar agter die kindjie is die dekor op die foto duidelik die kontoere van ’n vrou, maar ’n vrou sonder ’n kop, kompleet soos die ruiter van Skimmelperdpan. Die kind se ma was net daar om haar arme telg uitmergelend lank tjoepstil en starend na die kamera in posisie te hou. Wanneer dieselfde kind in latere jare na die foto kyk, sy eie gepynigde gesiguitdrukking, maar veral dit wat hy agter hom sien, sou A.G. Visser se versreël aangepas kon word tot “in die afkop-ding herken hy sy ma”.

Vir die fotograaf was dit natuurlik in daardie vroeë dae van fotografie aansienlik makliker om mense wat reeds met hulle ewige slaap begin het, te fotografeer. En gedurende die 19de en vroeg 20ste eeu het hierdie praktyk gedy. Lyke is afgeneem, veral babas, kinders en ouer mense. Sodoende het daar ’n hele genre binne fotografie ontstaan wat bekend staan as post mortem-fotografie. Post mortem-fotografie moet onderskei word van gedenkfotografie (“memorial photography”), volgens Carol Hardijzer, 'n bedryfsielkundige. Laasgenoemde is die foto’s van lewende mense wat dood is, eersgenoemde is foto’s van lyke...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.