Herkoms: ’n Nuwe tradisie van ontkenning en uitwissing het posgevat
GEDAGTES OP ’N SOEKTOG NA FAMILIEHERKOMS

Hy het onlangs weer die spoor van sy Maleise familieherkoms gevolg, skryf ISMAIL LAGARDIEN, want dis iets wat nog altyd sy belangstelling geprikkel het. Maar hy het opnuut besef dis ’n dapper ding om te doen.
MY belangstelling in my eie familie-oorsprong het onlangs verdiep nadat ek die boek Brit(ish): On Race, Identity and Belonging (https://www.penguin.com.au/books/british-9781784705039) deur Afua Hirsch gelees het, die Britse advokaat en later skrywer wat na haar familie-oorsprong in Afrika gesoek het, en ook nadat ek ’n paar episodes van Henry Louis Gates se televisiereeks Finding Your Roots (https://www.youtube.com/watch?v=1oukG0mGao4) gekyk het. Ek het reeds in hierdie ruimte na my eie identiteit verwys en wil voorstel dat wat ek geskryf het intertekstueel gelees moet word. Intussen sal ek probeer om nie te herhalend te wees nie. Ek het nietemin nou ’n nuwe oogpunt, wat ook droewigheid gebring het ...
Laat my van die begin af sê ek is nie 'n groot ondersteuner van identiteitspolitiek nie, want ek ervaar dit as verdelend en soms aanstootlik. Ek wil ook geen doekies omdraai oor die feit dat ek lankal belangstelling verloor het in die versuikerde “nierassehaat” (https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2019-12-05-the-coloured-community-and-the-great-delusion-of-non-racialism/)-drankies wat die ANC en later die UDF vir ons in die 1980’s laat drink het nie. Dis ongelukkig, maar waar (minstens in my ervaring) dat ons in ’n moeras van Afrikagefokusde nasionalisme, chauvinisme en ’n gevoel van oppermag weggesink het, wat al hoe meer kru en onbeskaamd word. Maar kom ons laat dit maar eers daar.
My familie se oorsprong was vir my van my kindertyd af ’n misterie; iets waaroor ek nog altyd gewonder het en nuuskierig was. Wat ek altyd geweet het, wat ek vertel is en waarmee ek geïndoktrineer is, is dat my familie se herkoms Maleis is. Daar is baie omstandigheidsgetuienis, historiese feite, taalkundige bewyse en algemene gebruike wat dit bevestig. Soos ek voorheen genoem het, het ek ook DNS-toetsuitslae wat my familie se genealogiese verlede in Oos- en Suidoos-Asië bevestig – ’n Haplogroep wat van die Polinesiese Eilande insluit. (’n Vriend in Europa het vir my ’n DNS-toets as geskenk gegee – dis ’n lang storie ...)..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Deel

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Almal se griewe vloei by ’n sekere punt saam
‘Wees ’n bietjie nederiger, Helen’
Ernst Roets moet liewer stilbly
Wanneer die daad van skryf oorneem
Ramadaan bring ’n golf van nostalgie
Deel
-
Deel
Ismail Lagardien
SkrywerIsmail Lagardien skryf al van toeka se dae af. Hy is 'n rubriekskrywer wat worstel met die realiteit om hom. Hy was op die sekretariaat van die nasionale beplanningskommissie en is 'n besoekende professor by Wits se Skool vir Regeerkunde.