EK het rondgedelf op soek na die oorsake van woede onder Suid-Afrikaners – daar’s baie en nie almal dra dieselfde gewig nie. Dit is nooit heeltemal duidelik waarom daar soveel (niegewelddadige) spanning en konflik is nie, buiten natuurlik daaglikse misdaad wat ’n impak op almal het. Maar oor die algemeen is daar oënskynlik netjies verpakte en vreeslik voorspelbare reaksies.
Swart mense glo oor die algemeen dat wit mense bevoorreg, rassisties en begunstigdes van apartheid is. Wit mense glo oor die algemeen dat swart mense bevoorreg is omdat hulle nou danksy regstellende aksie aan die bewind is, en Afrikaners veral vrees dat hul “kultuur” en blote teenwoordigheid in die land uitgewis word. Natuurlik kan en behoort ’n mens nie te veralgemeen nie. Dit is voldoende om te sê dat al die bogenoemde elemente van waarheid bevat.
Op die periferie van politiek is daar nietemin ’n merkwaardige samevloei by ’n punt waaruit hierdie griewe oënskynlik voortspruit. Wat elk van die hoofsaaklik twee ekstremistiese standpunte betref, kan ietwat aweregse en “verdraaide" maar tog maklik herkenbare parallelle tussen die Verdrag van Versailles van 1919 en die Kodesa-proses getrek word. Bly geriefshalwe by my ... kom ons hang dit aan die 1994-kapstok...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.