Prost!(aat): 10 minute later is die drup-drup-drup ’n ...

GEE HOM STOOM DAN LOOP HY BETER

Prost!(aat): 10 minute later is die drup-drup-drup ’n volstroom-sukses

’n Revolusionêre nie-chirurgiese prosedure wat ’n alledaagse prostaatprobleem kan verlig, is pas vir die eerste keer ook in Suid-Afrika gedoen. WILLEM KEMPEN het gaan uitvind waar dié prosedure in die groter prentjie inpas.

MET prostaatprobleme is dit ’n geval van hoe later, hoe kwater. Hoe ouer ’n man word, hoe beter is die kans dat hy goedaardige prostaathiperplasie (GPH), algemeen bekend as ’n vergrote prostaat, sal opdoen. Dieselfde geld prostaatkanker, die ander algemene maar veel gevaarliker prostaatprobleem.

Die twee toestande het verskeie ooreenkomste en kom dikwels saam voor, maar het nie noodwendig iets met mekaar te doen nie (https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/22792684/). In albei gevalle word die prostaatklier groter, maar GPH is goedaardig, wat beteken dit kan nie soos die kwaadaardige prostaatkanker na ander dele van jou liggaam versprei nie.

Volgens die American Cancer Society (https://www.cancer.org/content/dam/CRC/PDF/Public/8793.00.pdf) is prostaatkanker naas velkanker die algemeenste soort kanker onder Amerikaanse mans, en naas longkanker die kanker wat die meeste sterftes veroorsaak. Prostaatkanker word by gemiddeld een uit elke agt Amerikaanse mans gediagnoseer; ongeveer een uit 41 sal daaraan sterf. Dit is dus nie ’n doodsvonnis nie, en soos met alle kanker kan vroeë diagnose en behandeling jou lewe red...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.