OP skool het ons 'n onderwyser gehad met die bynaam Bok, en die arme man kon nooit die podium betree sonder dat iemand agter in die saal 'n blêêêêr laat hoor het nie. As een ou eers daarmee begin het, dan is daar gewoonlik nog twee of drie wat volg, en van voor in die saal is daar geen manier om te weet wie dit was of hoe om hulle stil te kry nie.
Dis baie dieselfde met “Let's go Brandon!", die frase wat deesdae oral op enigiets van sosiale media tot T-hemde tot aankondigings op Amerikaanse binnelandse vlugte opduik.
Brandon Brown is 'n renjaer wat op 2 Oktober op die Talladega Superspeedway die eerste plek verower het as deel van die Nascar XFinity-reeks. In die onderhoud wat Kelli Stavast van NBC Sports ná die wedren met Brown gedoen het, kan 'n groot deel van die toeskouers in die agtergrond gehoor word wat herhaaldelik saam uitroep: “Fuck Joe Biden!"...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.