Oppas as die familie die goud in die groen begin ruik

OOMBLIKKE VAN BLITSBESTUUR

Oppas as die familie die goud in die groen begin ruik

PIET CROUCAMP wonder waarom dit soms lyk asof pres. Cyril Ramaphosa in sommige gevalle sy befaamde geduld en langtermyn-benadering opskort.

KORT nadat pres. Cyril Ramaphosa sy minister van energie, Gwede Mantashe, se arm gedraai het om vir 100MW se privaat opgewekte krag voorsiening te maak, het ek in Vrye Weekblad melding gemaak van ’n gesprek wat tussen Ramaphosa en sy aangetroude familielid Patrice Motsepe sou plaasgevind het. Motsepe se prokureurs by Bowmans het geëis dat ek op ’n openbare platform om verskoning vra vir die bewering dat hy sy swaer, die president, by die Uniegebou sou ontmoet het vir ’n gesprek wat gelei het tot die besluit oor die privatisering van 100MW groenenergie. Ek is steeds effe suur dat die brief deur ’n kandidaatprokureur eerder as ’n partner geskryf is, maar nou ja.

Soos byna almal was ek verblind-verstom oor die onmiddellike opskorting van die president se sloermoer-werkswyse; die sogenaamde langtermyn-strategie vir alle dringende besluite, ter wille van ’n intervensie wat hom beslis die argwaan van sy energieminister op die hals gehaal het.

Die president sleep sy voete wat betref die beskerming van fluitjieblasers, die opruim van die uitvoerende skrootwerf (ook eufemisties na verwys as die kabinet), die uitrol van bandwydte, die formulering van wetgewing wat die koste van besigheid doen sal verlaag en fiskale ingryping om die plundering van plaaslike regerings te striem. Ramaphosa se langtermyn-besluitneming het ’n sinoniem in besluiteloosheid en is semanties verwant aan afwesige leierskap...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.