DIE komplotters weet nie mooi wat om van dié een te maak nie: As 5G dan deel is van die internasionale sameswering om die bevolking kleiner te maak en ons almal aan die tirannie van ’n enkele wêreldregering te onderwerp, waarom baklei een deel van die Amerikaanse regering daarvoor en ’n ander deel daarteen?
In die een hoek van die kryt is die Federale Kommunikasiekommissie (FCC), wat vroeër goedkeuring gegee het dat die Amerikaanse kommunikasiereuse Verizon en AT&T ’n hele nuwe blok 5G-frekwensies in gebruik mag neem. Die twee maatskappye het die reg om die bykomende spektrum te gebruik vir $80 biljoen op ’n veiling van die regering bekom, maar die inwerkingstelling daarvan word telkens uitgestel. Saam daarmee kom die massiewe investering wat met ’n tegnologiese sprong soos 5G gepaard gaan. En natuurlik die winste wat gemaak kan word.
In die ander hoek is die Federale Lugvaartadministrasie (FAA) en ’n hele rits rolspelers in die lugvaartbedryf, wat die vervaardigers Boeing en Airbus asook lugdienste, vlieëniers en kajuitbemanning insluit. Hulle wil hê die uitrol van 5G moet opgeskort word totdat daar meer sekerheid is dat dit nie vliegveiligheid in die gedrang sal bring nie...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.