DIS ’n nuwe jaar en dis soort van ’n ding om voorspellings te waag van wat met dié of dáái gaan gebeur. Die probleem is dat ek feitlik niks van die meeste sportsoorte af weet nie. Aan die ander kant skryf ek nou al 40 jaar lank aan en af oor sport, en onkunde het my nog nooit voorheen teruggehou nie, so hoekom sou dit nou? Dit het amper ’n tradisie geword, en vir tradisie het ek die allergrootste respek, mits ek iets daaruit kan score.
En, kan jy nou meer, daar gooi Quinton de Kock vir my ’n reddingsboei. Hy tree uit as toetsspeler op 29, met seker maklik sewe of agt goeie krieketjare voor hom.
Mens moes dit eintlik sien kom het. Die twee houe waarmee hy in die eerste toets teen Indië sy paaltjie weggesmyt het, hoort nie by iemand wat hoër as nommer 11 kolf nie. Hy sou die wedstryd vir Suid-Afrika kon gewen het. Ek dink dis Daryll Cullinan wat daai houe op CricInfo as “T20-shots” beskryf het. Enigeen wat al vir Quinny op sy stukke in T20 sien speel het, weet Cullinan was besonder gulhartig: Non-shots sou nader aan die kol wees, behalwe dat jou gemiddelde non ’n beter job daarvan sou maak...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.