Spesmagte se alleenstryd in Mosambiek

SA BLOED VLOEI

Spesmagte se alleenstryd in Mosambiek

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se spesiale magte byt sedert Julie verlede jaar alleen die spit teen Islamitiese insurgente in die noorde van Mosambiek af. Hulle het tot dusver groot durf en dapperheid aan die dag gelê, maar het dringend hulp nodig, skryf ERIKA GIBSON na aanleiding van die onlangse dood van ’n spesmaglid.

TOE kpl. Tebogo Radebe op 20 Desember 2021 in Mosambiek in aksie gesterf het is, was dit die eerste keer sedert 4 April 1989 (in die doodsnikke van die Grensoorlog) dat ’n lid van Suid-Afrika se spesmagte in operasionele omstandighede dood is.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is verlede jaar met groot fanfare as deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se gesamentlike mag (Samim) in Operasie Vikela teen die Islamitiese insurgente in die noordelike Cabo Delgado-provinsie in Mosambiek ontplooi.

Maar in werklikheid is dit slegs ’n klein groepie spesmaglede wat sedert Julie verlede jaar aan die skerp punt van die stryd in aksie was, sonder dat hulle deur enige ander magte uit Suid-Afrika afgelos is. Hulle veg met minimale lugsteun in onherbergsame oerwoudtoestande waar die vyand enige oomblik kan toeslaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X