Name: Die gebakte pere van Van Holenharen tot Koek, Biscuit en ...

WAT IS IN 'N NAAM?

Name: Die gebakte pere van Van Holenharen tot Koek, Biscuit en Mossie

Jou naam speel tog 'n rol, al is dit in jou onderbewussyn, in wie jy is, skryf DAN BADENHORST.

NAME se belang word dikwels oordryf of gepolitiseer. Maar naamgewing se gevolge moet nie misken word nie.

Toe omtrent alles onder Napoleontiese invloed in Europa gestandaardiseer is, insluitende vanne, het party Hollanders 'n bespotting daarvan probeer maak. Vandag sit hul nageslag nog met die gebakte pere van Poggenpoel, Benoudeboude, Hogenboezem, Van Holenharen, Piel, Beezhold, Van Moerkerken, Hoenderdos, Schietekat, ens.

Jou naam speel tog 'n rol, al is dit in jou onderbewussyn, in wie jy is. Geen wonder dat die Hollanders sulke siniese mense uitgedraai het nie. Maar partymaal wonder jy of dit nou die hoender of die eier is wat eerste gekom het. Waarom het ons mense, wanneer hulle Europese name by hul Afrika-name gevoeg het, so dikwels vernederende name gekies? Met ons geliefde Arch se dood is ons weer herinner dat een van sy ma se name Mavoertsek was. Mens wonder of dit ook 'n rol by sy latere Botho-filosofie gespeel het, saam met insidente soos toe Vader Huddlestone sy hoed vir haar gelig het – naamlik dat inklusiwiteit goddelik is, en dit dus godlasterlik is om jou medemens te verag. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.