’n Pikant-Suid-Afrikaanse tjeers op die Teems

WYN IS NIE ALLES NIE, MAAR ...

’n Pikant-Suid-Afrikaanse tjeers op die Teems

Neleen Strauss is een van Suid-Afrika se beste restaurateurs in die buiteland. In die elegante High Timber-restaurant op die oewer van die Teems in Londen bemark sy vurig Suid-Afrikaanse wyn, skryf ADRI KOTZÉ, en gaan drink 'n glasie daar.

DAAR is 'n enorme geelgoue sampioen in die High Timber-restaurant.  Buite val die reën in vaal vlae op die Teemsrivier en die wind blaas in die keisteenstrate van Londen se finansiële distrik af, maar die plastiekerige sampioen staan gemaklik, selfs 'n bietjie uitdagend, reg by die ingang.

Dis dié sampioen, vertel die restaurateur en wynkenner Neleen Strauss (oorspronklik van Bloemfontein), wat haar al onder die polisie se aandag gebring het. Sy het die skepping gekoop by die Suid-Afrikaanse straatkunstenaar Christiaan Nagel, wat onwettig en tot ergernis van stadsvaders en wetstoepassers oraloor sy kunssampioene op geboue van Londen tot Barcelona en Kaapstad staan maak. 

Een somer het Strauss die sampioen reg voor die restaurant, óp die wal van die Teems, laat pronk. Die rivierpolisie was op bootpatrollie en wou oor die luidspreker weet wat sy daarmee doen. “Ek het gesê dis natuurlik daar om my renoster te voer," sê Strauss...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.