Mia Malan: die kalm, gesaghebbende bron van Covid-inligting

WANINLIGTING KAN TOT IEMAND SE DOOD LEI

Mia Malan: die kalm, gesaghebbende bron van Covid-inligting

Dis amper ongehoord dat wetenskaplikes, dokters en selfs politici jou na 'n joernalis se Twitter-rekening verwys as jy die wetenskap wil verstaan óf wil weet wat die nuus is. Maar met die gesondheidsdepartement se swak kommunikasie en 'n stortvloed waninligting vanuit alle oorde op sosiale media, is dit hoe Mia Malan die gesig geword het van betroubare, beredeneerde inligting oor die Covid-19-pandemie in Suid-Afrika. ADRI KOTZÉ gesels met haar.

SY was so 14 toe Mia Malan mededingend geswem het vir 'n Bellville-klub in Kaapstad. Daardie Desembervakansie moes sy drie keer 'n dag oefen vir opkomende provinsiale kampioenskappe, maar haar ouers wou op die kusdorpie Rooi-Els gaan uitspan.

Net daar het die jong Mia haarself genooi na 'n vriendin se huis in Durbanville. Van daar af het sy met haar rooi dikwielfiets sonder brieke of ratte Bellville toe en terug gery om sesuur soggens, twaalfuur en weer vyfuur smiddae te gaan swem. Elke dag. Toe sy móét Rooi-Els toe vir 'n paar dae oor Kersfees, het sy in die see geoefen. En toe stel sy twee Boland-rekords op.

Ek vra vir Malan op Zoom of dié storie, wat ek jare terug gehoor het, een of ander metafoor is vir haar lewe. Sy lag so hard in die hotelkamer in Kaapstad, waar sy veronderstel is om saam met haar dogter op vakansie te wees, dat die 11-jarige Anna haar oorfone afhaal om te hoor wat aangaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.