Covid-19: Vet munt geslaan in die ‘Wilde Weste’ van vitamiene

EET NET REG!

Covid-19: Vet munt geslaan in die ‘Wilde Weste’ van vitamiene

Dit klink so maklik: Sluk 'n stroop of 'n pil en siedaar, jy is bestand teen die virus. Maar soos alles wat te goed klink om waar te wees, skryf ADRI KOTZÉ, is aansprake oor vitamien- en mineraalaanvullings se magiese effek presies nog net dit: 'n bemarkingsfoefie waarvoor daar nog nie voldoende wetenskaplike bewyse is nie.

NÁ toiletpapier en handontsmettingsmiddels is dit die winkelrakke wat die vinnigste leeg gekoop is hier in die suide van Londen toe die pandemie tref: die afdelings met die bottel en bokse vitamiene en aanvullings. 

Vlierbessiestroop, kolloïdale silwer, origanumolie, vitamien C, vitamien D, sink – noem dit, kopers het enige middel met enige aanspraak dat dit die immuunstelsel kan versterk, opgeraap. Dié verskynsel het homself op winkelrakke en die internet die wêreld oor afgespeel. Net in Brittanje het verbruikers verlede jaar 'n bykomende £42 miljoen (https://www.mintel.com/press-centre/beauty-and-personal-care/the-vitamin-d-factor-brits-spend-almost-500-million-on-vitamins-and-supplements) (oor die R860 miljoen) uitgegee aan vitamiene, minerale en kruie-aanvullings. En in die VSA word verwag dat verkope vanjaar $58 biljoen (of R866 biljoen) gaan slaan, 'n volle tien biljoen dollar meer as in 2019. Dié styging word grootliks aan die pandemie toegeskryf: 'n onlangse opname (https://theharrispoll.com/) toon 'n allemintige 76% van alle Amerikaners gebruik nou aanvullings. 

Tog stel die Amerikaanse nasionale gesondheidsinstituut (https://ods.od.nih.gov/factsheets/COVID19-HealthProfessional/) (NIH) dit onomwonde: Daar is eenvoudig nie genoeg data om 'n aanbeveling vir óf teen die gebruik van enige vitamien, mineraal, krui, vetsuur of ander aanvulling in die voorkoming of behandeling van Covid-19 te maak nie...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.