Ivermektien: Kwakke én supersterre is dissipels, maar die ...

'G'N BEWYSE TOEGESMEER'

Ivermektien: Kwakke én supersterre is dissipels, maar die wetenskap sê nog nee

Wat is die rol van die sogenaamde intellektuele donker web in die bevordering van ivermektien as ‘wondermiddel’ teen Covid-19? En waarom neem die geloof in ivermektien toe onder jonger mense, al toon entstowwe groot sukses? ADRI KOTZÉ bekyk die voortslepende geveg wat al hoe meer na 'n heilige oorlog begin lyk.

DAT die Amerikaanse kwak Joseph Mercola sy volle gewig agter  die ivermektien-is-'n-Covid-wondermiddel-beweging gegooi het, behoort niemand te verbaas nie. 

Mercola weet hoe om munt te slaan uit enige situasie, veral mense se vrese – geldig én ongeldig – vir die ouderdom, vetsug, ongeneeslike siektes, gifstowwe. Noem net wat jy wil, Mercola verkoop die “kuur" daarvoor. Die pandemie moes dus soos manna uit die hemel gekom het vir dié osteopaat van Chicago wat lank reeds 'n fortuin maak uit sy amperse heilige oorlog teen medisyne en die wetenskap: Hy smous “natuurlike” produkte om sy sakeryk van oor die $100 miljoen aan die gang te hou. Mercola is 'n uitgesproke en heftige teenstander van alle entstowwe (nou ook Covid-entstowwe) en in sy nuutste boek beweer hy dat die Sars-Cov-2-virus 'n biologiese wapen is wat deur die “elite" ontwikkel is om hul wêreldwye invloed  uit te brei. 

Dié man laat hom deur niks afsit nie. In Februarie is hy deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyne-administrasie (FDA) gewaarsku om vals aansprake op sy webblad te verwyder nadat hy beweer het die vitamiene en ander aanvullings wat hy smous, kan Covid-19 voorkom, behandel of genees...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X