M is vir menopouse

MITES, STEREOTIPES EN WOLHAARSTORIES

M is vir menopouse

Dit is net die vroulike geslag van homo sapiens en sekere walvisse wat ophou menstrueer en dan nog jare leef, skryf ADRI KOTZÉ. En net soos die walvisse praat ons nie oor dié tydperk in 'n vrou se lewe nie. En dít beteken bangmaakstories en swak wetenskap beperk ons keuses.

TOT taamlik onlangs was dit onnoembaar, behalwe in 'n fluisterstem agter die hand. 'n Bietjie medelyend, asof jou lewe kapoet is, oor en verby saam met die vermoë om 'n kind te baar. En dan ook net eufemisties: flussies. Die Oorgang. Die Gloede. Andersins as 'n grap oor vroue wat kamstig kêns of dom of beneuk raak – malkoeisiekte is 'n tot vervelens toe deurgetrapte en aanstootlike een – en sit met minder hare bo-op die kop en meer op die ken. 

(Jou ma is so stupid dat sy dink menopouse is die knoppie op die TV se afstandbeheer, word in verskeie weergawes vertel. Maar die Amerikaanse komediant Joan Rivers was wel nogal snaaks: “Had a friend going through menopause come to lunch today. Her hot flush was so bad, it steam-cleaned my carpet.”)

Nou het menopouse ietwat van 'n bekentenis-oomblik. Angsaanvalle, vaginale droogheid, slapelose nagte, 'n gejeuk, droë vel, gebrek aan belangstelling in seks en maagvet is nogal de rigeur, minstens op sosiale media en in tydskrifte en as dit bespreek word deur iemand met wangbene soos gletsers, ferm bo-arms en 'n stewige bankbalans. ..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.