Van Charlie tot ‘cancel culture’ – ’n nuwe soort sensuur

WAT WORD VAN VRYHEID VAN SPRAAK?

Van Charlie tot ‘cancel culture’ – ’n nuwe soort sensuur

Elke keer as kunstenaars, skrywers, humoriste of joernaliste stilbly wanneer gerespekteerde kollegas se lewenswerk ‘gekanselleer’ word deur ’n heksejag in die kuberruim, is ons nie ook aandadig nie? vra Marita van der Vyver. Dalk nie aan fisieke moord, soos in die aanval op Charlie Hebdo ses jaar gelede nie, maar wat van karaktermoord?

’n PAAR dae gelede het ek ’n gemaskerde uitstappie op die Franse platteland aangepak om ’n koerant te gaan soek. Dit was ’n buitengewone geleentheid, want my bestemming was nie ’n koswinkel nie – omtrent die enigste soort winkel wat ek in hierdie Covid-dae nog vrywillig besoek, en ook net as ons koskas rêrig leeg raak. Ek moes na drie dorpe se Presse Tabac ry, soos die Franse hulle tydskrif-en-tabakplekke noem, voordat ek die jongste uitgawe van die satiriese koerant Charlie Hebdo opgespoor het.

Dis ’n geskiedkundige uitgawe, want vir die eerste keer sedert 2006 is die berugte “Deense spotprentjies” op die voorblad herdruk, saam met Charlie Hebdo se eie spotprent van die Profeet wat sy oë toedruk en sê dis swaar om deur idiote liefgehê te word. Hierdie tekeninge het gelei tot die bloedbad van 7 Januarie 2015 waarin byna die hele redaksie van die satiriese publikasie deur die twee Kouachi-broers uitgewis is, om “wraak te neem vir die Profeet”, soos hulle uitgeroep het toe hulle ná die terreuraanval uit die redaksiekantore gestorm het.

Vandeesweek se voorblad dra die opskrif “Dit alles vir dít” (Tout ça pour ça) met spotprente van die vermoorde redaksielede op die agterblad – en dis nié onnodige provokasie nie, verduidelik die redaksie. Hulle is al verskeie kere die afgelope jare versoek om die spotprente weer te publiseer, deur groepe wat besorg is omdat vryheid van spraak deesdae van regs én van links af bedreig word, maar na hulle mening was daar nie genoeg rede om dit weer te doen nie. Tot laas week, toe die langverwagte hofsaak oor die Islamitiese terreuraanvalle van 7 tot 9 Januarie 2015 eindelik begin het. (Lees hier (https://webdoc.france24.com/france-paris-charlie-kosher-terrorism/) oor die drie dae wat Frankryk tot in sy diepste demokratiese fondament geskud het.)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.