BOEKE OP MY BEDKASSIE: Marita van der Vyver se leeslys

LEESTYD

BOEKE OP MY BEDKASSIE: Marita van der Vyver se leeslys

Daar wag ’n avontuur in die boekstapels langs haar bed, skryf MARITA VAN DER VYVER. Dis nou as die hele kaboedel nie een nag op haar slapende lyf ineenstort nie.

DIE boekstapels langs my bed is soos daardie monsterplant in Little Shop of Horrors. Dit groei onbeheerbaar in alle rigtings en dreig soms om die kamer oor te neem.

Die bedkassie het lankal te klein geword vir die wankelende boektorings. Ek het begin vrees dat die hele kaboedel een nag bo-op my slapende lyf sou ineenstort. Dalk ’n gepaste einde vir ’n onversadigbare leser, maar steeds een wat ek graag sou wou vermy.

Daarom het ek nou drie bedkassies – of eintlik ’n kassie, ’n kissie en ’n mandjie. Dis ’n organiese groeiproses, niks met binnehuisversiering te doen nie, en soms spoel die spul boeke steeds oor tot op die turkoois Marokkaanse vloermatjie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.