’n Bunny chow vir Betsie Verwoerd

HERINNERINGE

’n Bunny chow vir Betsie Verwoerd

HENK SERFONTEIN onthou die dag toe hy per ongeluk in Orania in Betsie Verwoerd se slaapkamer beland het. Hy maak ’n bunny chow vir koeksistertannies wat dalk die verlede anders as hy onthou.

EK blameer die toeval en my ouma Anna Ziezanna Dirktiena Briede daarvoor dat ek in Betsie Verwoerd se slaapkamer beland het. Ná my uitgebreide familie se vroegtydige afsterwe het ek jare gelede besluit om ’n reis aan te pak wat ek ’n voorouer- road trip genoem het.

Ek wou gaan soek na die kontreiverhale in Dot Serfontein se Kroonstad. Ek wou gaan soek na haar pa se Afrikanerbeeste op die plaas Erfdeel. My oupa Jan Hendrik Kritzinger se spoorweghuis in Jagersfontein wou ek probeer opspoor, en ek wou ook sommer in die strate van Hopetown, waar ouma Anna naby die Oranjerivier grootgeword het, gaan rondloop.

Dalk het ek bly hoop dat ek my ouma in die droë rivierbedding sou kry, bykans nes daardie wit diamant wat die Griekwa-seun in 1869 op die oewer van die Oranjerivier ontdek het. Dit het later as die Ster van Suid-Afrika bekend gestaan...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.