Henk Serfontein verduidelik sy brose en formidabele kuns

GALERY

Henk Serfontein verduidelik sy brose en formidabele kuns

A Walking Shadow is ’n reeks tekeninge in houtskool en gemengde media wat tans by die Everard Read-galery in Franschhoek te sien is. Die kunstenaar HENK SERFONTEIN verduidelik hoe hy deur middel van dié beelde menslike verwonding ondersoek, sowel as moontlikhede van genesing.

A WALKING SHADOW is 'n verkorting van Shakespeare se bekende frase “Life is but a walking shadow" uit Macbeth. Ná 'n onlangse besoek aan Amsterdam waar ek Giotto en El Greco se kruisigingstonele bestudeer het, het ek 'n reeks werke geskep van nabystudies van hande en voete.

Die hand is 'n sensitiewe sintuig. Ons is ons hande. Die hand is die instrument van liefde en deernis, van geweld en woede, van beskerming en verwerping. Die hand is 'n werktuig: Dit gee, dit neem, dit skep, dit maak kontak. In hierdie uitstalling troos die hand.

Die beeld wat ek as simbool van genesing in my uitstalling gebruik, is dié van 'n perd. Ek jukstaponeer die twee beelde en suggereer dat wanneer daar kontak tussen mens en dier gemaak word, heling kan plaasvind...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.