DIT gaan oor meer as blink pakke en ontwerpersrokke en goue standbeeldjies en toesprake. Of selfs die feit dat dit die grootste en steeds die belangrikste rolprentprysuitdeling is.
Een van die groot redes hoekom ons jaar ná jaar op die Oscars inskakel, is omdat dit ’n geleentheid is om Hollywood-akteurs se bekende gesigte te sien wanneer hulle nié ’n rol speel nie – ten minste nie een wat vír hulle geskryf is nie. Wanneer ons sien dat hulle eintlik maar mense is soos ons, wat nie vinnig genoeg deur hulle toesprake kan snel nie, wat vergeet om almal te bedank, en wat in sommige gevalle ’n lang pad gestap het van kleindorpie-kinderdae na hulle supersterstatus.
Soms is daar selfs ’n verrassing, die bevrediging van ’n buiteperd wat onder die voorlopers eindig. Vanjaar is dit die Suid-Koreaanse donker komedie Parasite, wat onder meer in die kategorie vir beste rolprent én vir beste regisseur benoem is...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.