Oor WhatsApps, WhatsApp-groepwoepse en Whats-oepse

’N VLOEK EN ’N SEËN

Oor WhatsApps, WhatsApp-groepwoepse en Whats-oepse

Sedert WhatsApp sy buiging op ons slimfoonskerms gemaak het, het hierdie handige – en soms sluwe – klein app ons kommunikasiewyse en ons lewe radikaal verander. MADELEINE BARNARD skryf oor die voordele, die nadele, die oepse en die trolle van dié app.

DIS vroegoggend. ’n Uur of wat ekstra onder die poepvelle klink na ’n gawe idee – daar is immers gisteraand lekker laat gekuier. Ek draai om en trek die duvet oor my kop, maar dan kry my slimfoon die bibberasie. Daar het ’n WhatsApp deurgekom. En skielik is daardie ekstra uur se soete mymering iets van die verlede. Die klaskaptein van ons gekke doen-alles-gelyk-wêreld het ingeklok.

Hoe iets wat begin het as net nog ’n klets-app ons lewe so stilweg en met soveel sukses kon oorneem, laat steeds my mond oophang. Dis WhatsApp. Dis e-pos op steroïede. Die virtuele drade wat ons vriendskappe, families en buurte daagliks bymekaartrek en aanmekaarhou.

Dis ons werkforum, kletsforum, flankeerforum, soms vroetelforum, ons gemeenskapsforum. En ons almal se klaskaptein. Meestal is dit ’n goeie ding, soms is dit ’n ramp. Hoe dit ook al sy, WhatsApp het ons lewe handomkeer verander en ons kan nie eintlik meer daarsonder funksioneer nie. Al is dit deurspek van misverstande, aanlyn gevegte en gruwelike glipse...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.