Oosterse kwaksalwery maak van donkies ’n wonderlike, bedreigde ding

SWARTMARK EN SLUIKHANDEL

Oosterse kwaksalwery maak van donkies ’n wonderlike, bedreigde ding

Hoewel daar wêreldwyd ’n sterk bewustheid van renosterstropery is, is ’n ander spesie ook besig om uitgedun te word vir ’n bestanddeel in hul velle wat in Chinese medisyne gebruik word – die nederige donkie. Afrika is een van die geteikende kontinente. En daar word vermoed dat die handel in donkievelle in Suid-Afrika al hoe meer op die swartmark plaasvind. MADELEINE BARNARD het meer gaan uitvind.

BY die Karoo Donkey Sanctuary net buite Prins Albert ontmoet ek vir Blitsie. Donkie se kind is 'n paar maande oud en ons maak dadelik maats. Ek vryf sy koppie en hy kou aan my broek. Dis liefde met die eerste oogopslag.

Blitsie se ma is een van 233 donkies wat gered is van 'n nuwe bedreiging vir nog een van Afrika se diersoorte – die vinniggroeiende Chinese donkievelbedryf. Hoewel renosterstroping baie aandag in die media kry, is die bedreiging van die nederige donkie se voortbestaan nie gereeld op voorblaaie nie. Soos Annemarie van Zijl van Donkeys for Africa en Eseltjiesrus Donkey Sanctuary sê: “Donkies kry slegte PR."

Ejiao – towerbestanddeel en groot geldmaker..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.