So naby aan mekaar, en tog ook so ver

KAMPUSKULTUUR

So naby aan mekaar, en tog ook so ver

Die gradeplegtighede van twee universiteite net 'n klompie kilometer van mekaar wys hoe verskillend die kulture op kampusse kan wees. Dit werp ook die lig op ons groter samelewing en onderrigstelsel, skryf JONATHAN JANSEN.

VERLEDE week, op twee agtereenvolgende dae, het ek by twee gradeplegtighede op die verhoog gesit, een in Stellenbosch en die ander in Kaapstad. Ek kon net sowel tussen twee lande gereis het. Die seremonie by die Universiteit Stellenbosch (US) was meestal plegtig, en die stilte is net hier en daar deur ’n kort gejuig van Afrika-vreugde onderbreek. Die verhoog was soos ’n NG kerk-preekstoel, hoog en opwaarts verhef ten hemele. Gegradueerdes het steil trappies uitgeklim tot bo vir hul oomblik van glorie. ’n Oomblik van stilte het die eeue oue tradisie van Christelike gebed vervang. Die seremonie is byna selfbewus tussen Afrikaans en Engels gelei, met ’n uitgebreide verwelkoming in isiXhosa.

Die seremonie by die Universiteit van Kaapstad (UK) was een van pure Afrika-vreugde, met Afrika-tromme wat die lang prosessie verwelkom het, die Imbongi (Xhosa-lofsanger) en twee begaafde Afrika-sangers. In hierdie lewendige viering van Afrika-kultuur het geen ander gemeenskap in ’n andersins diverse stad en kampus saak gemaak nie. ’n Paar kort treë het jou tot bo op die platform geneem. Daar was geen simboliese oomblik van stilte vir gebed of nadenking nie, en die seremonie is in Engels gelei, behalwe natuurlik vir die lofsanger se voorspraak.

Die twee seremonies bied diepgaande insigte oor die stand van onderrig in SA...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.