So jy wil ’n CD opneem? Lees eers hier

NOOT VIR NOOT

So jy wil ’n CD opneem? Lees eers hier

Toe MADELEINE BARNARD 17 jaar gelede begin songs skryf het, het sy nie geweet hoe pynlik die musiekwêreld soms kan wees nie. Maar soos ander muso’s hou sy aan, want songs maak is vir haar so lekker soos ’n bak basaarpoeding. Sy vertel hoe haar nuutste CD die lig gesien het.

DIT het eintlik per ongeluk – of miskien nie – begin. Ek begin in 2002, in die maand nadat ek my bedankingsbrief indien by die enorme maatskappy waar ek werk, deuntjies neurie as ek huis toe ry in my stokou Datsun. Op die rype ouderdom van amper 40. In die gange by die werk, terwyl ek die dae tel na my vrylating, hou ek aan neurie. Da-da-da-da-da. . .

Ek begin lirieke neerskryf. Begeleiding oefen. Ek skraap die moed bymekaar om ’n paar van my pogings vir ’n vriend in die vermaakbedryf te gaan speel. (Hy moet my eers twee stewige skote whisky injaag.) Hy sê dit klink vir hom goed. En daar byt ’n vreesaanjaende, duur en soms baie pynlike gogga my. Ek wil songs maak.

Die musiek-fêries help my kontak maak met Frank Smuts. Hy doen verwerkings. Ek oefen. Ek maak planne. Ek sit saam met Frankie ’n CD aanmekaar, laat dit druk en my vriende jubel. Ek kry ’n goeie resensie. En kort daarna begin die werklikhede van die musiekwêreld my een kopklap na die ander gee...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.