’n Skaapwors-en-waterblommetjiepot vir Snor City

TWEE LEWENS

’n Skaapwors-en-waterblommetjiepot vir Snor City

HENK SERFONTEIN het pens en pootjies geval vir Lientjie Wessels se skaapwors-en-waterblommetjiepot in haar resepteboek Geure. Hy skryf as jy te neus in die lug vir jakarandabloeisels en vleikos is, is dit jou verlies.

WANNEER Gé Korsten “Oktobermaand” sing, maak hy die minnaar in my wakker. Ek wil soos C. Louis Leipoldt liries raak oor groen akker- en seringbome. Die roosblare moet in my sinne blom soos in in die son voor die Uniegebou met Nelson Mandela se arms in die lug wat almal in vrede omvou.

Die dae moet helder wees met viooltjies in die veld. Die reuk van katjiepiering en jasmyn moet soos boere-Franse parfuum in die lug bly hang. Dit kan 'n vroeë lente in die mooiste, mooiste maand in Pretoria wees. Jakarandabloeisels kan soos gelukbringers uit die lug op my kop val.

Dans op die dak..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.