Trantraal: ‘Daais poetry min of meer’

OOLOG

Trantraal: ‘Daais poetry min of meer’

“Hy is die stem van verlore generasies, van tikkoppe op die straathoek, van honger kinders, van gangsters en verslane mans wat vroue laat bloei, van vroue wat rondloop soos prooi.” Só skryf DEBORAH STEINMAIR oor Nathan Trantraal, wie se nuwe bundel Oolog haar reddeloos laat in die nanag.

KYK, dis ’n leuen dat poësie “emotion recollected in tranquility" is, of miskien was dit eens só in ’n goue Britse skemering van herfs en koring wat stadig ryp word en ’n nagtegaal wat die anderwêreldse digter verlief maak op die vergeetagtige dood.

Kyk hier: Poësie is fokken subversief, dis ontstellender om te lees as die nuus. Dit gaan vir seker jou vrede steel. Ek slaap al twee nagte nie oor Nathan Trantraal se bundel Oolog. Trantraal is ’n beeldbestormer, ’n ballonprikker, ’n barser van seepbelle. Geen mooi mites en sussende wiegeliedjies gun hy my nie.

Die geliefde ontslape held vir wie ek kersies brand, die vredige oubaas wat ewig bly glimlag soos ’n Oosterse heilige in ’n Afrika-hemp en met ’n gelaat die kleur van ’n Americano, die nuwe Jesus wat my wit skuld kom verlig en my vergewe en aanvaarbaar laat voel het – Trantraal laat my sien dat hy ’n tandelose Mickey Muis was, ’n konstruk van wit kapitalisme. Ek is reddeloos in die nanag...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.