’n Literêre skelmpie daag op in die donker

BEURTKRAG

’n Literêre skelmpie daag op in die donker

Midde-in Eskom se beurtkrag-droewigheid en ’n gruwelike ses uur lange kragonderbreking en kommunikasie-stilte het MADELEINE BARNARD haar liefde vir lees herontdek. En boonop ’n skelm literêre verhouding aangeknoop …

ONS kom vroeg in Januarie al in 2020 se beurtkrag-ritme. In die oggende kyk ons wat daardie Eskom-se-watsenaam-webwerf voorspel. Ons beplan ons dae en aande daarom. Soms vergeet ons en in die middel van ’n spannende oomblik in ’n lekker misdaadreeks kom die gevreesde “klaps” wanneer die krag afslaan. Dan word daar gewoonlik in tale gespreek en lomp rondgetas na flitse, Tabard en sonkrag-lampies.

As ons twee en ’n half uur van Egiptiese duisternis in die middel van die nag gebeur, is dit egter ’n ander saak. Hier op Windpomp is daar nie net gruwelhitte nie, daar is ook wolke muskiete. En as die krag afskop, verloor jy jou grootste afweermiddel teen bloedsuier-ellende – die waaier wat 20 cm van jou gesig af teen topspoed woer om te keer dat die bliksempies op jou dek land. En die hoëfrekwensie-geteem in jou ore begin.

Die retro-wonder van lees..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.