Literêre skinner en roekelose skrywerspartytjies

WANNEER DIE FLAMINKE DANS

Literêre skinner en roekelose skrywerspartytjies

'n Vertrek vol fragiele ego’s is 'n drukkoker, en kort voor lank ontplof die blik en spat die kondensmelk teen die mure en plafon, skryf DEBORAH STEINMAIR.

DAVID KRAMER vertel ’n wolhaarstorie van die keer toe Paul Simon in Suid-Afrika kom kuier het. Terug in Amerika, vertel hy, was daar ’n party waar Bob Dylan teenwoordig was en, seg David: “Who knows what they get up to in those New York apartments.”

Ja, wie weet? Dis altyd fassinerend om te lees van literêre parties, soos die Bloomsbury-groep se soirees, soos die pieknieks en week lange kuiers by die eksentrieke Britse edelvrou lady Ottoline Morel se Garsington Manor, waar kunstenaars soos T.S. Eliot, Ezra Pound, D.H. en Frieda Lawrence, Lytton Strachey, Dora Carrington, Katherine Mansfield, Virginia Woolf, Aldous Huxley en ander in gekreukelde wit linne en strooihoede leeggelê het.

Die meeste skrywers is propvol opinies, het fragiele ego’s, ly aan vervolgingswaan, is dikwels selfbehep en emosioneel veeleisend en kan nie hul drank hanteer nie. Partytjies is dus drukkokers en kort voor lank ontplof die blik en spat die kondensmelk teen die mure en plafon...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.