BOEKE OP MY BEDKASSIE: Bettina Wyngaard

LEESLYS

BOEKE OP MY BEDKASSIE: Bettina Wyngaard

Soos wat Gollum oor sy ring voel, so voel sy oor boeke, skryf BETTINA WYNGAARD. “Dalk daarom dat ek 'n boekrak pleks van 'n bedkassie het. Al my preciousss so binne reikafstand ... ”

DIT gebeur selde dat ek net een boek op 'n slag lees. Boonop het ek taamlik eklektiese smaak met 'n redelike balans tussen fiksie en niefiksie. Hierdie lys weerspieël egter nie die balans nie. In die laaste deel van 2019 het daar soveel fantastiese niefiksie verskyn dat ek soos die leesvraat wat ek is, net alles in die hande moes kry. Fiksie speel dus op die oomblik maar taamlik tweede viool in my leeslewe.

Kragtig, liries en stylvol

So is daar byvoorbeeld Chanel Miller se Know My Name. Die verhaal van Brock Turner wat aangekla is van verkragting nadat hy 'n bewustelose meisie seksueel aangerand het en op heterdaad betrap is, het skokgolwe deur die wêreld gestuur. Die saak was belangrik veral omdat dit die dubbele standaard wat so gereeld geld in seksuele-geweldsake, aan die groot klok gehang het. Die klaagster se brief wat voor vonnisoplegging voorgelees is, is deur miljoene mense gelees. Soos dikwels in sulke gevalle is haar identiteit nie bekend gemaak nie. Tot nou toe...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.