SOMMER so in die eerste week van die jaar was daar beurtkrag in die geliefde land, eindelose stakings in Frankryk, en slegte nuus oor klimaatsverandering soos bewys deur die onblusbare brande oral in Australië. Die toekoms van ons spesie op die blou planeet lyk al hoe meer onseker. Aan die ander kant, as die oranjeblonde cowboy in die Withuis sy sin kry, gaan ons mekaar in elk geval binnekort in 'n atoomoorlog uitwis, so ons kan seker maar ophou stres oor die ekologie.
Maar hier by Só maak mens gaan ons steeds op liggaamlike genot probeer konsentreer. Ek wil graag soos die ondeunde seremoniemeester in die fliek Cabaret uitroep: “Willkommen! And bienvenue! Welcome! Leave your troubles outside ... In here, life is beautiful!”
Onthou, dis 'n seksrubriek dié, en as daar nou één menslike bedrywigheid is wat nooit ophou nie – tydens oorlog of droogte, stakings of natuurrampe of mensgemaakte krisisse – is dit seks. Die gedwonge donkerte en niksdoen van beurtkrag kan selfs beskou word as 'n goeie verskoning vir seks. Onthou asseblief ook dat Só maak mens 'n veilige plek is waar ons almal kan vlieg, soos engele, omdat ons ons nie te ernstig opneem nie...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.