Boris Johnson: Die partytjie is verby

DOOIE KAT

Boris Johnson: Die partytjie is verby

Met een voet op 'n piesangskil en die ander op 'n hoop albasters is die Britse premier in sy mees wankelrige posisie tot nog toe. Terwyl onthullings oor partytjies in inperking en beweerde leuens oor peperduur muurpapier aanhou vloei, is Rishi Sunak en Liz Truss hulle lippe amper hoorbaar aan die aflek vir sy posisie, skryf ADRI KOTZÉ.

DAAR was nooit werklik oorweldigende liefde vir Boris Johnson binne die Konserwatiewe Party nie. Hy het min bondgenote en is in baie opsigte 'n buitestander. Sy leierskap was dus 'n ooreenkoms van wedersydse voordeel: Hy vervul sy lewenslange droom om koning te speel en in ruil strooi hy sy sterstatus-glans oor die taamlik stowwerige, stywe klomp. Hy is joviaal, chaoties-sjarmant en altyd die middelpunt van die aandag. Met haas onverklaarbare en oorweldigende gewildheid onder kiesers is Johnson 'n verkiesingstroefkaart. Boonop kon hy Brexit, skeef en krom soos wat dit ook al mag wees, bewerkstellig. 

Maar Johnson se bruikbaarheid vir die Tories het nou opgedroog. Sy leuens en veelvuldige skandes – veral die onreëlmatige binneversiering van sy woonstel, maar ook ondersoeke na Torie-smet, die Britse onttrekking uit Afghanistan, Downingstraat-partytjies en raadgewers se gespot daaroor en toe, uiteindelik, die verhaasde aankondiging van strenger Covid-maatreëls – het sy glans verdof. Johnson het 'n las geword.

'n Nasionale woede oor politieke grense heen het oor twee weke gegroei namate onthullings, ontkennings, nog onthullings en erkennings in 'n klugspel ontaard het. So erg het dit geraak dat daar wyd op sosiale media gespot is hy het die geboorte van sy en Carrie Johnson se tweede kind vir Donderdag gereël om aandag van sy skandale af te lei...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.