KOM ons spring oor al die vervelige dele soos wie Wordle geskep het en hoekom: Gaan lees gerus al die ensiklopediese feite op Wikipedia (https://en.wikipedia.org/wiki/Wordle_(video_game)) as jy belangstel en nog nie het nie. Die speletjie is hier (https://www.powerlanguage.co.uk/wordle/), as jy dit self wil speel en nog nie het nie.
Voorwaarts na 'n veel interessanter punt: Hoe het dit gebeur dat 'n aanlyn woordspeletjie wat jou niks kos om te speel nie, waaruit niemand noemenswaardig baie geld maak nie, en wat tegnologie en grafika inspan wat min of meer dekades lank al alledaags is, nogtans een van die eerste groot trends van die jaar geword het? Een wat boonop spelers beloon wat baie woorde ken en weet hoe om hulle te spel?
Eens op 'n tyd was akkurate spelling tesame met 'n juiste woordkeuse en die handhawing van whoever se idee van 'n “gestandaardiseerde" vorm van 'n taal (en nog meer so van Die Taal) 'n gerekende aanduiding van iemand se opvoeding en intellektuele dissipline. Hoe kan ons die res van jou betoog ernstig opneem as jy nie eens weet hoe om “interessante" of “intelligente" te spel nie, of dat “op pad" twee woorde is?..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.