POLITIEKE NOTABOEK | Is Dali die niggie van ’n poepkop?

WINNIE SE TOYBOY

POLITIEKE NOTABOEK | Is Dali die niggie van ’n poepkop?

MAX DU PREEZ wonder of Adriaan Basson se skerp oordeel oor Dali Mpofu ongeregverdig is en help sommer ’n spul advokate wat hom steun reg oor die werklike wortels van die woord ‘nincompoop’.

EK is nogal lief vir hofdramas, ek het gewoonlik net nie tyd om na ure se getuienis, kruisondervraging en argumentering te luister nie. Maar ek sal ’n week of twee onbetaalde verlof neem as adv. Dali Mpofu wel die redakteur van news24, Adriaan Basson, vir laster hof toe vat.

Basson het naamlik in ’n meningstuk geskryf: “His thuggish behaviour at the Judicial Service Commission’s (JSC) interviews for Chief Justice last week confirmed Dali Mpofu SC is nothing more than a legal nincompoop and scoundrel. When the history of the JSC and last week’s shambolic hearings are written, Mpofu should be credited as the architect of a process that did nothing to strengthen the trust and image of South Africa’s judiciary and legal profession and everything to sully the JSC’s dented image further.”

Dali was so vinnig op sy perdjie, hy het sommer dadelik op Twitter geklim:..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.