Love me Tinder, love me true – of hoe?

ROMANSE IS NIE MEER WAT DIT WAS NIE

Love me Tinder, love me true – of hoe?

Dis deel van die hedendaagse romantiese werklikheid. En dié keer het dit gelyk of dit kan uitwerk. Uiteindelik, want sy was nie bereid om op te gee nie. Deur LOUIS AWERBUCK.

“HOE om van hier af verder aan te gaan weet ek nie,” sê sy. “Ek weet nie wat om anders te doen behalwe om maar op te gee nie.”

Hy het dan vertel hoe hy uitsien om haar te ontmoet. Hy het nie, en sy het doelbewus daarvoor uitgekyk, probeer voorgee wat hy nie is nie. Hierdie keer was sy versigtig. Sy het geleer uit die vorige ervaringe en belewenisse op Tinder. Op 'n harde manier, maar sy het geleer.

Al sy foto’s op sy profiel is met 'n arendsoog op Facebook en Instagram nagegaan. Hy probeer nie oormatig spiere wys of poseer langs 'n glansende sportmotor nie. Hy stel oënskynlik nie belang in dwelms nie, rook ook nie. Hy drink 'n bier of twee saam met vriende, maar blyk nie die kuiertipe te wees nie...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.